Tuesday, June 8, 2010

Toronto - Mei 2010

Donderdag 13 Mei 2010, 00:12

Hier is ek in Toronto

Dit het alles vir my so vinig gebeur (voel dit vir my), dat ek nie mooi besef dat ek hier is nie. Ek het nog so half probeer om die tog te reel en goedkeuring te kry, en toe ek my oe uitvee, is die kaartjie gekoop. Daarna was dit die malle jaagtog om alles te reel met kinders, diere, werk, visum en wat nog. En hier is ek nou.

Die reel van die visum was 'n storie op sy eie. Ek was net mooi SES keer by of in die Kanadese High Commision. Dit in die aaklige Hatfield wat tans net bestaan uit straatwerke, opgehoopte verkeer en belaglike eenrigtings.

Die vlug hiernatoe is baie, baie lank. Ek het letterlik 28 ure gereis voordat my voetjies in die hotel grondgevat het. Die vlug van Jhb na Atlanta was 16+ uur. Daarna moes ek vyf ure rondhang in 'n vervelige A blok van Atlanta se lughawe, en toe was dit nog 2 ure na Toronto, en amper 'n halfuur in die taxi vir $55!

Toronto is baie ver suid in Kanada, eintlik half in Amerika. Verskeie van die VSA se stede en state is noord van Toronto. Die stad is glad nie 'n toeristestad nie - hier is GEEN stalletjies met yskasmagnete en 'I love Toronto' t-hemde nie. Ek weet nie waar gaan ek 'n Toronto-yskasmagneet kry vir my versameling nie!

Die stad is baie kosmopolitaans en wil so half vir my die idee gee dat dit Europa (van lank terug) gebaster met Amerika is. Kos kan mens van alles en nog wat kry: Vietnamees, Indies, Thai, Sushi, Itaiaans, Spaans, Starbucks en baie winkels met bagels. Die koffie is aaklig, die heel beste is Starbucks wat hier vir my slegter as in VSA self is.

Toronto self het nie veel om te sien nie. Die aantrekingskrag is maar in die aktiwiteite wat hier plaasvind, en om regtig deel te wees daarvan, moet mens langer hier wees. In Toronto self is die CN toring wat tot 2007 die hoogste toring in die wereld was, maar nou is daar een in Dubai wat hoer is. Ek was naby die toring Maandag, maar hulle is besig met konstruksiewerke in die hele blok en ek kon nie sien hoe mens tot by die toring kan kom nie. Hier is 'n paar fotos.

Toronto verkoop die Niagravalle as hulle groote besieningswaardigheid, maar daar gaan ek nie uitkom tens ek die konferensie afgee nie. Ek wou Maandag gaan, maar kon op geen manier op 'n bus kom op kort kennisgewing nie. Mens moet die vorige dag bespreek. Die uitstappie is 'n hele dag, mens vertrek 9:00 hier en is eers die aand 7-8:00 pm terug.

Nou ja, dit is dit vir eers.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.