Friday, March 30, 2007

Ode to my Spell Checker

ODE TO MY SPELL CHECKER
(deur epos gekry so eienaar anoniem and kopiereg word moontlik oortree)

Eye halve a spelling checker;
It came with my pea sea.
It plainly marks four my revue,
Miss steaks eye kin knot sea.

Eye strike a key and type a word,
And weight four it two say,
Weather eye am wrong oar write;
It shows me strait a weigh.

As soon as a mist ache is maid,
It nose bee fore two long.
And eye can put the error rite;
Its rare lea ever wrong.

Eye have run this poem threw it;
I am shore your pleased two no,
Its letter perfect awl the weigh.
My spell chequer tolled me sew !

Thursday, March 29, 2007

Hi julle

Hier is 'n paar fotojies van die lewe in Afrika!

Die eerste ene is 'n sonsondergang met ons nuwe Doring en Toring (kameelperde) wat ons gister geneem het.



Die ander foto's is vanaand geneem. wees gewaarsku - erg bloederig vir sensitiewe kykers.

Terwyl ons met die gebruiklike glasie wyn die sonsondergang geniet het, het my arme hen met kuikens 'n verwoede gil gegee, so erg dat al die ander hoenders alarm begin maak het en die haan sumier tot die geveg probeer toetree het. Sy het 'n aanval in die bosse geloods en orals het kuikens gespaander. Dit was te donker om mooi te sien, maar ek het die emmer waaronder sy gewoonlik slaap opgetel en daarmee saam 'n redelike groot gewiggie! Ons het onraad vermoed en ek het my rewolwer in Thinus se hande gestop en die huis ingestorm om die flits te kry. In die flitslig sien ons toe die monster, 'n reuse kobra met 'n kuiken in sy bek! Thinus het toe met al vyf skote, die laaste ene in die kop van baie naby, die slang halfpad dood geskiet. Die hen het intussen haar kroos bymekaar gemaak en op hulle gaan sit - en ons het gaan aandete eet.

Na ete gaan kyk ons weer, en daar le arme ma hen morsdood (sy is seker gepik in haar poging om die kuiken tevergeefs te beskerm). Meneer slang is halfpad besig om te ontsnap en Thinus het hom toe maar van kant gemaak met die graaf wat ek toe weer gehol het om te gaan haal. Die arme kuiken is ook op die slagveld opgetel. Al die slagoffers van die geveg is op die stoep le^ gemaak en afgeneem. Ek is baie jammer oor die moedige ma-hen, maar haar sussie het toe darem die weeskuikens onder vlerk geneem.




Die slang is omtrent 10cm langer as Ane en pas T onder die kieliebakke.

Life in Africa is never dull. Dis net so bleddie droog - g'n wonder al die slange is omtrent in die huis nie! Ons het sedert Krismis nie 'n druppel reen gesien nie.