Friday, November 28, 2008

Kapperjol


Sy lang stoetnaam was Echo Lang Carel Kapperjol, 'n geregistreerde, historiese boerperd. En ek gaan hom baie, baie mis. Het hom seker nou al 13 jaar en hy het so 'n karakter gehad, hy los 'n reuse gat in ons lewens, en 'n hengse rekening vir die 2e keer by OP.


Sy album

Wednesday, November 26, 2008

Plaasaanvalle in die nuus

Ons polisie het gister in 'n vergadering geweier om hulle enigsens te verbind tot enige aksies. Hulle se^ hulle werk glo klaar te hard, en dit terwyl ons betroubare 'inside info' het dat hulle selfs die patrolliemotors se klokke aandraai sodat dit lyk asof hulle werk. Hulle het eers 2 ure na die aanval by Duncan-hulle aangekom.

Sien statistieke van tot 2007, daarna was dit nog baie erger - Plaasmoorde.pdf

Duncan-hulle se storie en dieselfde hier. Die laaste aanval op die Legemaats

Nog nuus oor die omgewing hier, en oor Kameeldrif hier en hier.

Wednesday, November 19, 2008

Plaasaanval

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2428673,00.html

Die aanval het eergisteraand deurgekom op ons radionetwerk. Hulle bly so 8km van ons af soos die kraai vlieg, seker so 15km padlangs. Hulle het net eenvoudig in sy huis ingebreek en hy het nog gesit en werk. Toe hulle die glasdeur in die huis afbreek het hy opgespring maar met die omdraai het hulle hom deur sy bo-lyf deur albei longe geskiet. Hy is in die hospitaal dood. Thinus het so 2am daar uitgejaag en 4am weer by die huis gekom. Die polisie het net rondgestaan en nie geweet wat om te doen nie, so daar gebeur weer niks.

Ek dink dis wat my die opstandigste maak - op die ou einde nie die misdaad nie (alhoewel ek woedend is daaroor), maar die feit dat ons magteloos is en die polisie NIKS doen om die ouens te laat boet vir hul dade nie. As daar net reg en geregtigheid was, maar hierdie ouens gaan net weer wegkom daarmee. Hulle het 'n hele gesin en klein kindertjies, familie en gemeenskap se lewens op die brutaalste manier moontlik ingedring en hulle gaan net wegkom daarmee.

Monday, November 17, 2008

Tuks se Laureaatbal


Ek was Saterdagaand met my veel-gewroegde, rooi rok by die Laureaatbal van UP. Dit was toe heel lekker. My voete het my doodgemaak aan die einde van die dag, en die rok is nie vir sit nie want mens kan nie jou rug buig nie! Maar dit was lekker om op te dress en mooi te voel.

Friday, September 19, 2008

'Miracle'

Ek wil julle vandag vertel van 'Miracle' soos ek haar gedoop het, dis 'n ongelooflike verhaaltjie en elke stukkie is waar!

Laat ek heel, heel voor begin. Toe ek vanoggend onder luide aanjaaging van Ane (omdat sy vandag atletiek het), in die kar spring is die battery pap. Sal maar nie ingaan op die redes nie, maar sal volstaan daarby dat dit nie my skuld was nie. Nouja, om daai tjor uit te stoot is toe glad nie maklik nie, maar ek en Ane en Maria kry dit toe darem reg en ek kry die ding aan die ry geruk. Toe is Ane omtrent paniekerig en ek gee vet maar ry onder protes die slegte pad omdat Thinus my laat weet het die buurman se swartwitpense staan teen die draad. Ek wil hulle so graag sien, hy het hulle nou onlangs aangekoop. Hulle is toe daar, maar so ook betree Miracle my lewe.

Miracle is 'n elandkalfie wat op daardie oomblik toe teen die draad afhardloop saam met ons elandkoei en kalf. En die ou dingetjie probeer toe heeltyd deur die draad kom met geen ander Ma Eland in sig nie. Krisis van formidabele afmetings want daar is geen manier dat ek met my bunny-hugger hart daai kalfie aan haar lot kan oorlaat nie. En Ane raak histeries want sy gaan laat wees oor 'n weeskalf. Toe bel ek vir Dawid en se hy moet kom kalf oppas, ek gaan eers vir Ane aflaai. En toe jaag ek, my arme kar.


Toe ek uiteindelik weer terug is, hol ons koei en kalf vervaard oor die pad voor my en weeskalf is weg. Dawid hol in die bosse rond en belowe my die kalf was nou-nou nog daar en hy sal hom kry. En ek bel vir Emma en vra haar om maar te kom kyk as sy kan, maar ek is op pad werk toe. En ek draai om.

Toe ek teen die draad afry le^ die ou kalfie toe teen die draad, en betree toe weereens my lewe. Ek kan toe mooi sien sy is al orals nerf af soos sy gespook het om deur die draad te kom. Ek parkeer toe die kar net daar en begin rondbel, maar niemand is beskikbaar om te help nie. Ons koei en kalf kom toe ook weer nader. Die koei het haar nogal oor die ou kalfie ontferm, maar elke keer as die kalf probeer suip, het sy haar weggeskop. So dit was duidelik haar ontferming gaan nie so ver soos om haar kalf se melk met die vreemdeling te deel nie. Intussen was die zebras weerskante van die draad besig om te kuier met 'n astrante jong hingsie aan ons kant wat een aan die anderkant uitdaag en allerande manewales om die elande uitvoer. En elke keer kom die ou kalfie maar weer terug draad toe en probeer deurkom. Ek sien toe uiteindelik aan die anderkant 'n koei naderkom en besef toe dis haar ma en ons moet haar deur die draad kry. Maar toe ek uitklim om die draad te ondersoek om dit dalk te knip, begin die zebras hol en die kalf jaag. Die kalf skrik en saam met ons elandma hol die spul toe die vlaktes in met 'n woeste vaart. Intussen laat buurman my weet daar is niemand wat nou kan kom help nie, hulle gee eers diere kos en reel funksies en ry die land vol. Daar is toe nie veel wat ek verder kon doen nie.

Ek dog toe ek gaan maar net kyk waar hulle is op pad werk toe sodat ek wie ookal kan laat weet waar ek hulle laas gesien het. En ek kry hulle toe onder in die veld by 'n boom, en toe ek die kar stop en uitklim om met die verkyker te kyk, hol hulle weer weg, stert in die lug, Miracle heel voor.

Ek ry toe net om die blok om in die grootpad te kom werk toe, en toe kry ek hulle weer by
'n boom staan. En Ma eland en ons kalf is rustig besig om weg te wei, geen teken van Miracle nie. Ek hou toe die boom 'n rukkie dop, en ons elande beweeg heeltemal weg. Ek besluit toe dat ek net gaan nader stap om te kyk of sy daar is, en daar kry ek toe die arme ding onder die boom le^, mens sien net ore beweeg. Dit was 'n wonderwerk dat ek haar gekry het, want dis ongelooflik hoe so 'n ou kalfie in die veld wegsmelt. Ek sit toe daar naby en begin weer bel. Ek laat toe vir buurman weet ek pas sy kalf in die veld op, en hy se^ toe hy sal sy pa stuur om te kom kyk. Toe die oom uiteindelik die situasie aanskou, kon mens sien hy het te veel goed om te doen om te sukkel met die kalf, en dis buitendien half 'n onmoontlike situasie want ons het nie hulp nie. Ek moet se^ ek het met hom saamgestem, want wat maak mens nou? Die kalf is wild en hy dink glad nie dis 'n goeie idee om drade te knip nie, en as mens dit nie doen nie, is daar omtrent geen manier om die spul te beredder en die kalf weer by haar ma te kry nie.

Nouja, vir die laaste keer is ek toe op pad kar toe om werk toe te gaan, maar my bunny-hugger hart wil net vir oulaas die ou kalfie gaan aanskou. En daar sit ek en die kalf toe in die veld vir 2 ure. Ek kry dit nie reg om te loop nie, en ek gesels met die kalfie en bid vir 'n wonderwerk om die ou lewetjie te red, sommer sulke gate hemel toe. En mettertyd skuif ek al nader en nader, en gesels en gesels en bid en bid. En toe ek weer sien toe streel ek die kalfie, en trek my hemp uit en bind die dingetjie se oe toe (ek het 'n kamisool onder aan gehad vir die watse oe rek). En daar het ek toe die kalf gevang! Nog 'n krisis! Wat nou?! Ek is toe kar toe, het my perdrybroek gaan haal om die oe beter toe te bind en my hemp gebruik om die ore toe te bind, en die kombers gevat en oor haar gegooi en weer begin bel. Buurman se^ toe Marissa is naby en kan haar kom haal, dan kan hul haar dalk grootmaak. En ek reel ons hulpe om te kom help dra. En daar sit ek vir oulaas nog by die Miracle kalfie en streel haar, ewe rustig.

Marissa kom toe daar aan, en ons rol haar om binne in die kombers in, laai haar kombers en al op die bakkie, en na samesprekings besluit sy dis beter om haar vir haar ma te gaan gee. Hulle is daar weg met 'n gedruis, Miracle agterop.

Ek het hulle toe weer teen die draad gekry op soek na die ma, want hulle elande was nie ver van ons draad nie, en in my hart net gebid die ou kalfie maak dit. En net toe ek omtrent by die huis is, bel sy my. Die kalf, MIRACLE, SUIP!!! Sy het haar afgelaai, oe oopgemaak, lusern gegooi, en Miracle het opgevlieg, reguit na haar ma toe gehol en begin suip.

Dit is wraagies ongelooflik, die kalfie is omtrent 3 weke oud en sulke wilde diere vrek sommer van stress as mens met hulle werk. 3 weke is al heeltemal groot genoeg om te vrek van stress met hantering, maar gelukkig is sy nie jonger nie, want dan sou die ma haar heel moontlik weggegooi het agv die mensreuk aan haar. En enigiemand wat daai kalf gesien hol het vanoggend, sal nie glo dat ons haar so sou kon vang nie.





Dawid se kommentaar: 'Eish, ek bang die miesies, kyk nou hoe vang hy daai kalf. Hoe sal hy so maak, eish'. Thinus se kommentaar: 'my vrou, dis 'n storie om te vertel, en jy bly darem ok 'n wilde wragtag'. My kommentaar: 'Iemand het my gehoor en ek het wraggies 'n wonderwerk beleef.'

Die lewe in Afrika, nooit sonder opwinding nie!!

Ek sal kyk of ek tog 'n foto van Miracle by haar ma kan kry.

Monday, May 12, 2008

My Spirit Horse

Daar is so baie mense wat perde verloor het hierdie jaar met perdesiekte. Dis so hartseer. Rosie het dit ook gekry, maar dankie tog, sy het oorleef. lyk my daar was maar min perde wat oorleef het as hulle dit gekry het. Hier is 'n gediggie in GHS se nuusbrief:

My Spirit Horse

On the day that my horse died
I sat in his stable and cried and cried
At last I realized his spirit was gone --
My once beautiful horse had passed on.

I sat that night looking up at the sky,
Eyes sore and puffy, trying not to cry.
Tired and confuswed, I closed my eyes
Tormented by a thousand "why's."

Then in the darkness I heard a sound
That made me sit up and look around.
The sound of hoof-beats in the soft moonlight
As my beautiful horse came into sight!

I gave him a hug as he nudged my hand
I felt he was asking me to understand...
That although he'd died and was gone
Happy in heaven -- his spirit lives on.

he snorted softly, (no sad goodbyes),
Then disappeared, as I rubbed my eyes.
"You're tired", someone said,
"You'll feel better, once you're in bed."

Was it a dream sent by your spirit?
Or was it you who came to visit?
One thing for certain is that I'm glad
Of the wonderful memories that we had.

My beautiful horse - I'll miss you so
But no longer question why you had to go,
For whatever the reason -- I had no say,
And I know I'll see you, again one day.

Inspired by Vaness, Adrienne and Taryn and dedicated to Pecan, Rosy, Joy and all horses that have died so shockingly and unexpectedly from AHS. By Sahron Lipa.

Friday, February 15, 2008

Plaasfotos

Die plaas is so pragtig na al die reen, ek kliek net heeltyd foto's. En gewoonlik le^ dit net op my hardeskyf. Gelukkig het ons nou wonderlike tegnologie om foto's met almal daar ver^ te deel!!


Plaas


groetnis
a

Nog Reengevolge

Ek het besluit na laasjaar se droogte ek sal nooit weer kla oor reen nie, maar ek begin so nou en dan net effens wonder!

Papsopnat

Thursday, January 24, 2008

Reen, reen, reen

Dit reen aanhoudend die afgelope twee weke. Sedert Vrydag tot gisteraand het ons amper 300mm reen gekry. Die wereld is papnat.



Ek geniet dit baie! Ons gaan binnekort nie meer by die huis kan uitkom nie. Soos dit is het mens 4x4 nodig, daarsonder val mens vas in die modder.



Die dammetjie was 3 maande terug nog heeltemal droog en orals in die paadjies is daar fonteine.