Friday, November 28, 2008

Kapperjol


Sy lang stoetnaam was Echo Lang Carel Kapperjol, 'n geregistreerde, historiese boerperd. En ek gaan hom baie, baie mis. Het hom seker nou al 13 jaar en hy het so 'n karakter gehad, hy los 'n reuse gat in ons lewens, en 'n hengse rekening vir die 2e keer by OP.


Sy album

Wednesday, November 26, 2008

Plaasaanvalle in die nuus

Ons polisie het gister in 'n vergadering geweier om hulle enigsens te verbind tot enige aksies. Hulle se^ hulle werk glo klaar te hard, en dit terwyl ons betroubare 'inside info' het dat hulle selfs die patrolliemotors se klokke aandraai sodat dit lyk asof hulle werk. Hulle het eers 2 ure na die aanval by Duncan-hulle aangekom.

Sien statistieke van tot 2007, daarna was dit nog baie erger - Plaasmoorde.pdf

Duncan-hulle se storie en dieselfde hier. Die laaste aanval op die Legemaats

Nog nuus oor die omgewing hier, en oor Kameeldrif hier en hier.

Wednesday, November 19, 2008

Plaasaanval

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2428673,00.html

Die aanval het eergisteraand deurgekom op ons radionetwerk. Hulle bly so 8km van ons af soos die kraai vlieg, seker so 15km padlangs. Hulle het net eenvoudig in sy huis ingebreek en hy het nog gesit en werk. Toe hulle die glasdeur in die huis afbreek het hy opgespring maar met die omdraai het hulle hom deur sy bo-lyf deur albei longe geskiet. Hy is in die hospitaal dood. Thinus het so 2am daar uitgejaag en 4am weer by die huis gekom. Die polisie het net rondgestaan en nie geweet wat om te doen nie, so daar gebeur weer niks.

Ek dink dis wat my die opstandigste maak - op die ou einde nie die misdaad nie (alhoewel ek woedend is daaroor), maar die feit dat ons magteloos is en die polisie NIKS doen om die ouens te laat boet vir hul dade nie. As daar net reg en geregtigheid was, maar hierdie ouens gaan net weer wegkom daarmee. Hulle het 'n hele gesin en klein kindertjies, familie en gemeenskap se lewens op die brutaalste manier moontlik ingedring en hulle gaan net wegkom daarmee.

Monday, November 17, 2008

Tuks se Laureaatbal


Ek was Saterdagaand met my veel-gewroegde, rooi rok by die Laureaatbal van UP. Dit was toe heel lekker. My voete het my doodgemaak aan die einde van die dag, en die rok is nie vir sit nie want mens kan nie jou rug buig nie! Maar dit was lekker om op te dress en mooi te voel.