Tuesday, July 6, 2010

Rondritsende

Wat 'n woeste 2 maande. Ek was in Sodwana einde April, toe in Toronto en Atlanta in Mei en die res van Mei het in 'n waas van jetlag verbygegaan. Junie is ek Madeira toe. Ek het 13 Junie, 5am in Madeira uit die hotel vetrek en eers my voete in die huis gesit  1nm die 14e Junie. Die 15e het ek probeer pak vir 'n kamp en toertrip, en 16 Junie 4am het ons vertrek Namib toe. Ons het laas Maandag teruggekom na 'n baie ekstreme 4x4 ervaring. Ek was die laaste 2 maande in 8 lande (SA ingesluit), op 3 kontinente en 'n eiland! Nou probeer ek weer alles bymekaar bring en dit is nogal 'n uitdaging. Ek het selfs vergeet waar goed op P&P se rakke is. Ek dink ek gaan baie energie spandeer daaraan om nerens heen te gaan tot Desember nie.