Thursday, February 19, 2009

Ons laaste dag in Innsbruck

Ons het toe de ski-ding aangepak vandag, en dit was heel opwindend. Moet se^ ek bly 'n ongeluk wat 'n plek soek om te gebeur. Met my eerste poging het ek die plek se speaker platgeski en selfs op 'n stadium onder deur ons instrukteur gegly. Wat 'n verleentheid! Alta het soos laas baie goed reggekom, ski is in haar bloed!

More vat ons die pad terug. Sien Alta se blog by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/

Wednesday, February 18, 2009

Uiteindelik klaar gepraat

Dit bly maar stressvol, maar dis makliker as dit mens se student se werk is, want jy kan die moeilike vrae aanstuur! Met jou eie werk het mens nie daai voordeel nie.

Foto's by

Kliek op die slideshow.

Alte se blog is ook opgedateer by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/

Tuesday, February 17, 2009

Innsbruck continued

As posted on my Facebook status: Aurona Gerber has new definitions for cold, white, slippery and bad planning. 'Cold' is this evening after the snow and sleet in a very fresh wind (I truly believe the -17 degrees prediction for Innsbruck hubby sent me this morning). 'White' is today after 6 hours of continuous heavy snow fall. 'Slippery' is the pavements after the snow and rain with the icy wind - it is worse than an ice ring without skates, and 'bad planning' is working on my presentation after the conference dinner ... Ohhh man...

Innsbruck 2009

Alta se blog is weer op datum by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/. Vandag begin die kongres. Ongelooflik hoe die tyd vlieg.

Monday, February 16, 2009

Munich

Gelukkig begin die konferensie eers more, so ons is vandag Munich toe met die kar. Baie dapper! Paula en Alta is formidabele reisgenote, in die kar en stuit vir niks. Ons het met die GPS gery snelweg langs tot in Munich se middestad, geparkeer, die ou stad platgestap en met 'n asemrowende paadjie deur die berge terug Innsbruck toe gery.
Dit was ongelooflik koud, mens se neus en ore vries af binne minute.

Kliek op die foto's vir die Picasa album -

Sunday, February 15, 2009

Nog Innsbruck, 15 Feb'09

'n Heerlike dag in die berge. Ons het maar die ski gelos en net ons innerlike versterk dmv die uitsig en die ander nodige voggies en kossies. Dit was 'n sonskyn dag en almal was in die berge.

Nog foto's op my Picasa album of kliek op die foto's om na die album te gaan.

Moenie vergeet om Alta se blog te lees nie.

Innsbruck 2009

Mens hoef maar net Alta se blog te lees. Sy se^ alles. My foto's is op Picasa.
Innsbruck