Tuesday, June 8, 2010

Terug (letterlik en figuurlik)

Dond 16 Apr 2009, 13:29
Dit beteken in blogland en in SA. Ons planne om gereeld te blog is toe deur duur internettoegang gekortwiek. 'Internet available' in Italie beteken of internet twee blokke in die straat af of internet op 'n rekenaar in die voorportaal waar die mense toustaan en dit als teen 5 Euro per uur.

Ons het 'n ongelooflike besoek in Rome gehad. Omdat dit so dol gegaan het voor die tyd en ons nie tyd gehad het vir baie huiswerk doen nie, het ons twee peperduur toere geboek via 'n verlangse familiekennis by Through Eternity. Dit was absoluut die moeite werd omdat die toergidse argeoloee en kunskenners is.

Die Sisteinse Kapel was my hoogtepunt. Daar is net eenvoudig nie woorde nie - niemand en niks kan dit wat in daai plek aangaan kopieer of beskryf nie. Dis asof Michaelangelo se beelde leef en dit is sy ongelooflike gebruik van ruimte en perspektief wat 'n kopie net nie kan oordra nie.

Hulle het selfs ekstra kaartjies gehad vir die Roomse mis Sondag vir ons, en ons het 3 ure daar gesit in die Vatikaanstad en was deel van daai grootse gebeurtenis, wel net as toeriste want die Rooms Katolieke manier is maar vreemd vir my. Dit was ongelooflik al was alles in Latyn. Daarna het ons nog vir oulaas die Pantheon gaan beskou voor ons die vliegtuig moes haal terug.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.