Wednesday, September 21, 2011

Op Paddy


Dis die oefening wat ek moes doen in 'n poging om my dreseer te verbeter. Dink nie dit het gehelp nie - arme Paddy.


Om te Leef

Een van daai eposse wat die rondte doen en wat die moeite werd is om te onthou.

HOW TO LIVE

1. Keep only cheerful friends. The grouches pull you down.
2. Keep learning. Learn more about the computer, crafts, gardening, whatever. Never let the brain idle. 'An idle mind is the devil's workshop.' And the devil's name isAlzheimer's.
3. Enjoy the simple things..
4. Laugh often, long and loud. Laugh until you gasp for breath.
5. The tears happen. Endure, grieve, and move on. The only person, who is with us our entire life, is ourselves. Be ALIVE while you are alive.
6. Surround yourself with what you love , whether it's family, pets, keepsakes, music, plants, hobbies, whatever. Your home is your refuge.
7. Cherish your health: If it is good, preserve it. If it is unstable, improve it. If it is beyond what you can improve, get help.
8. Don't take guilt trips. Take a trip to the mall, even to the next county; to a foreign country but NOT to where the guilt is.
9. Tell the people you love that you love them, at every opportunity.
AND ALWAYS REMEMBER :Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away.

We all need to live life to its fullest each day!!

Worry about nothing, pray about everything

Monday, September 19, 2011

Kameelperdkaskenades

Die wild raak redelik lus vir lek teen die einde van die winter. Die gras se voedingswaarde neem baie af.


Nuweling

Emma het hierdie foto's van ons nuweling elandkalf op die plaas geneem. Dankie Emma!



Thursday, September 15, 2011

Monday, August 29, 2011

Die Luislang op ons plaas

Die luislang op die plaas - video geneem 21 Augustus net voor ek op die vliegtuig geklim het.

Lengte omtrent 3 m.

http://www.youtube.com/watch?v=_Esz6C-4H2Q









Saturday, August 27, 2011

Ierland en Engeland - Augustus 2011

Ek rits alweer oorsee, en voor ek weer my hele blog verloor vir 'n paar dae omdat Google senuweeagtig raak as mens van 'n nuwe plek af inlog, het ek maar 'n nuwe blog geskep vir die trippie. Sien http://ajg-ierland.blogspot.com/.

Tuesday, July 26, 2011

Barcelona Julie 2011 Foto's

Hier is my fotos op Picasaweb.
Barcelona_Jul2011

My BLOG het net verdwyn :-((

Nadat ek die vorige blog post gedoen het, het my blog net heeltemal vedwyn. Dit was 4 dae weg, en verskyn toe weer... en mens het natuurlik geen manier om Google te kontak nie, en natuurlik nog minder houvas op hulle as mens se blog net in die niet of eterruimte verdwyn.

Gelukkig het Alta se blog nerens heen gegaan nie en mens kan dit by http://alta-in-florence.blogspot.com/ kry. Ek sal probeer inhaal, maar dis moeilik na die tyd. Die geheim is om elke dag op datum te bly.

Friday, July 15, 2011

Passie-fasade kriptogram





Dit is fasinerend. Op die Passie Fasade is daar 'n kriptogram van Subirachs. Elke ry en elke kolom, op en af en kruis en dwars, tel op na 33 toe, Jesus se ouderdom toe hy gekruisig is. Ek het vir my so 'n sleutelhouer gekoop!

Inligting en fotos van http://www.gaudiclub.com/ingles/i_vida/cripto.html

Tuesday, July 12, 2011

Barcelona, 12 Julie 2011



Ons het vandag ons voete afgeloop om te sien wat ons kan in Barcelona. Heel eerste het ons die die Sagrada Familia wat baie naby ons hotel is, aangepak. Ons was al 8:30 in die tou en hulle het eers 9:00 die deure oopgemaak. Toe ons daar aankom, was die tou alreeds lank, maar ons het gelukkig vasgebyt. Dit was 'n ongelooflike ervaring, ek het elke oomblik geniet. Dit is maar die moeite werd om die audio-guides te huur. Dit maak dat alles wat mens sien net soveel meer betekenis het. Daarsonder is dit net 'n klomp indrukwekkende en soms eienaardige beelde. As mens die storie ken, is dit baie interessant. Gaudi is regtig een van die ongelooflikste kunstenaars wat die wereld nog gesien het. Later meer....

Na Sagrada Familia het ons die moltrein aangepak op pad Picasso Museum toe. Daar gekom was die tou net eenvoudig te lank. Dit het amper 'n kilometer ver in die pad af gestaan. Dit is nie 'n goeie tyd van die jaar om die dinge hier te probeer sien as mens min tyd het nie. Ek dink meer as helfte van die mense in hierdie stad is op die oomblik toeriste. Ons het toe maar Guell Palace toe gegaan. Dit was net so interessant. Dite Guell-familie was/is een van die mees prominente en rykste families in Barcelona en het baie van Gaudi se werk moontlik gemaak, veral omdat hul hom as jong argitek reeds ondersteun het. Die uiteindelike resultaat was die ongelooflike Sagrada Familia. Daarna is ons na Parc Guell toe waar ons vir Tommie gekry het en weer 'n klomp van Gaudi se uitbundige geboue en beelde gesien het. Ek het elke oomblik geniet.

My voete was op, ons is terug hotel toe en het mekaar en Kody by La Rambla gekry vir aandete. Barcelona is regtig vir my 'n wondrlike stad. Die moltreinstelsel werk baie goed, die stad het goeie aanwysings en is skoon, en dit is regtig mooi en interessant. More begin die werk - ek wonder of ek enigiets van DL2011 gaan verstaan...

Barcelona, 11 Julie 2011


Ek het toe darem by my hotel uitgekom. Die lughawe op Barcelona is nie baie groot nie, maar goed georganiseer. Selfs by die taxis is daar toue en marshals wat mens soos skapies aanjaag na die rye taxis toe. Die vliegtuig was vol vakansiegangers en duisende (skool?)kinders wat oppad is strand toe.

My hotelletjie, Hostal Hostemplo, is modern binne al is die gebou oud, en baie skoon. Ek is uiters danbaar, was maar benoud. Ek het 'n dubbelkamer maar dit is nog steeds so klein dat ek die deur moet oopmaak as ek omdraai! Ek het gisteraand na ete net omgeval en soos 'n dooie 10 ure lank geslaap. Die hotelletjie is uitstekend gelee.

Monday, July 11, 2011

Munchen lughawe, 11 Julie 2011

Ek het so lanklaas gepost en dit is wraggies 'n jammerte. Die lewe spoed so verby.
Ek sit op Munchen se lughawe na 'n bekrompte vlug. Mens moet nooit heel voor in cattle class sit nie. Daar is nie beenspasie nie, en die besigheidsklassitplekke is net deur die gordyn. Glad nie goed vir die psige nie. Ek was moeg, maar kon nog steeds nie veel slaap nie. My volgende vlug na Barcelona is 11.20 so ek het nog baie tyd om hier te verkwis. Gelukkig het hulle verniet draadlose internet en uitstekende koffie. Selfs die slegste koffies hier vegelyk effens met ons s'n by die huis.

Dis warm en bewolk, en ek is soos altyd verwonderd oor die vlak van beskawing en effektiwiteit.

Nouja - tot later