Tuesday, July 12, 2011

Barcelona, 11 Julie 2011


Ek het toe darem by my hotel uitgekom. Die lughawe op Barcelona is nie baie groot nie, maar goed georganiseer. Selfs by die taxis is daar toue en marshals wat mens soos skapies aanjaag na die rye taxis toe. Die vliegtuig was vol vakansiegangers en duisende (skool?)kinders wat oppad is strand toe.

My hotelletjie, Hostal Hostemplo, is modern binne al is die gebou oud, en baie skoon. Ek is uiters danbaar, was maar benoud. Ek het 'n dubbelkamer maar dit is nog steeds so klein dat ek die deur moet oopmaak as ek omdraai! Ek het gisteraand na ete net omgeval en soos 'n dooie 10 ure lank geslaap. Die hotelletjie is uitstekend gelee.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.