Tuesday, July 12, 2011

Barcelona, 12 Julie 2011



Ons het vandag ons voete afgeloop om te sien wat ons kan in Barcelona. Heel eerste het ons die die Sagrada Familia wat baie naby ons hotel is, aangepak. Ons was al 8:30 in die tou en hulle het eers 9:00 die deure oopgemaak. Toe ons daar aankom, was die tou alreeds lank, maar ons het gelukkig vasgebyt. Dit was 'n ongelooflike ervaring, ek het elke oomblik geniet. Dit is maar die moeite werd om die audio-guides te huur. Dit maak dat alles wat mens sien net soveel meer betekenis het. Daarsonder is dit net 'n klomp indrukwekkende en soms eienaardige beelde. As mens die storie ken, is dit baie interessant. Gaudi is regtig een van die ongelooflikste kunstenaars wat die wereld nog gesien het. Later meer....

Na Sagrada Familia het ons die moltrein aangepak op pad Picasso Museum toe. Daar gekom was die tou net eenvoudig te lank. Dit het amper 'n kilometer ver in die pad af gestaan. Dit is nie 'n goeie tyd van die jaar om die dinge hier te probeer sien as mens min tyd het nie. Ek dink meer as helfte van die mense in hierdie stad is op die oomblik toeriste. Ons het toe maar Guell Palace toe gegaan. Dit was net so interessant. Dite Guell-familie was/is een van die mees prominente en rykste families in Barcelona en het baie van Gaudi se werk moontlik gemaak, veral omdat hul hom as jong argitek reeds ondersteun het. Die uiteindelike resultaat was die ongelooflike Sagrada Familia. Daarna is ons na Parc Guell toe waar ons vir Tommie gekry het en weer 'n klomp van Gaudi se uitbundige geboue en beelde gesien het. Ek het elke oomblik geniet.

My voete was op, ons is terug hotel toe en het mekaar en Kody by La Rambla gekry vir aandete. Barcelona is regtig vir my 'n wondrlike stad. Die moltreinstelsel werk baie goed, die stad het goeie aanwysings en is skoon, en dit is regtig mooi en interessant. More begin die werk - ek wonder of ek enigiets van DL2011 gaan verstaan...

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.