Monday, July 11, 2011

Munchen lughawe, 11 Julie 2011

Ek het so lanklaas gepost en dit is wraggies 'n jammerte. Die lewe spoed so verby.
Ek sit op Munchen se lughawe na 'n bekrompte vlug. Mens moet nooit heel voor in cattle class sit nie. Daar is nie beenspasie nie, en die besigheidsklassitplekke is net deur die gordyn. Glad nie goed vir die psige nie. Ek was moeg, maar kon nog steeds nie veel slaap nie. My volgende vlug na Barcelona is 11.20 so ek het nog baie tyd om hier te verkwis. Gelukkig het hulle verniet draadlose internet en uitstekende koffie. Selfs die slegste koffies hier vegelyk effens met ons s'n by die huis.

Dis warm en bewolk, en ek is soos altyd verwonderd oor die vlak van beskawing en effektiwiteit.

Nouja - tot later

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.