Tuesday, June 8, 2010

Terug (letterlik en figuurlik)

Dond 16 Apr 2009, 13:29
Dit beteken in blogland en in SA. Ons planne om gereeld te blog is toe deur duur internettoegang gekortwiek. 'Internet available' in Italie beteken of internet twee blokke in die straat af of internet op 'n rekenaar in die voorportaal waar die mense toustaan en dit als teen 5 Euro per uur.

Ons het 'n ongelooflike besoek in Rome gehad. Omdat dit so dol gegaan het voor die tyd en ons nie tyd gehad het vir baie huiswerk doen nie, het ons twee peperduur toere geboek via 'n verlangse familiekennis by Through Eternity. Dit was absoluut die moeite werd omdat die toergidse argeoloee en kunskenners is.

Die Sisteinse Kapel was my hoogtepunt. Daar is net eenvoudig nie woorde nie - niemand en niks kan dit wat in daai plek aangaan kopieer of beskryf nie. Dis asof Michaelangelo se beelde leef en dit is sy ongelooflike gebruik van ruimte en perspektief wat 'n kopie net nie kan oordra nie.

Hulle het selfs ekstra kaartjies gehad vir die Roomse mis Sondag vir ons, en ons het 3 ure daar gesit in die Vatikaanstad en was deel van daai grootse gebeurtenis, wel net as toeriste want die Rooms Katolieke manier is maar vreemd vir my. Dit was ongelooflik al was alles in Latyn. Daarna het ons nog vir oulaas die Pantheon gaan beskou voor ons die vliegtuig moes haal terug.

Ai tog - die malle-malle-meule

Vry 8 Mei 2009, 14:48  

 Ek was terug vir 3 weke in die bed met een of ander eienaardige virus en is alweer terug in Milaan waar hulle gister by die staise my beursie met al my Euro's en kaarte uit my handsak gesteel het. Hoe wat en waar het ek geen idee nie.

Ek het wraggies nie uitgesien na hierdie trippie nie, ek was te siek tussen-in. Die virus het my lewer aangeval, en bo-op die naar en seer het ek toe nou nog 'n allergiese reaksie teen al die pynpille wat NIE my lewer aantas nie (maw dit wat veilig is om te drink met lewerfunksies wat uit die radar uithol). Dit beteken dat ek vir meer as 2 weke PLAT in die bed was. Ek kon skaars my kop oplig en kon niks drink teen die spier- en gewrigspyne nie. Op 'n stadium het ek regtig gedink ek gaan dood, en 'n ruk daarna gewens ek gaan liewers dood. Ek was bleddie siek - het 5kg verloor. Ek sukkel selfs nou nog met koffie en hier in Italie waar die koffie so heerlik is, is dit wraggies tragies.

En toe ek my kop optel vlieg ek alweer. Het so gehoop die doktertjie wil my maar afboek, maar geen genade nie. Lewerfunksies was genoeg hestel dat hy nou nie eintlik gevoel het ek moet my werk afskeep nie. Gelukkig vlieg ek toe besigheidsklas (dankie tog vir Voyager-punte) en goeie kollegas. Dit was heerlik. Julle - die luuksheid wat geld kan koop. Daar is soveel beenspasie, mens moet opstaan om jou Inflight tydskrif in die hande te kry. Jou stoel word 'n HELE bed en jy kry op die koop toe 'n kussing en duvet. Met elke ete DEK hulle jou tafeltjie met 'n wit lap tafeldoekie en jy eet uit glasware. Jou bed kan jou selfs masseer!

Om te kan byhou, het my kollegas my summier op Essentiale en pas my op sodat ek elke dag my 6 drink. Dit het baie gehelp. Ek kan darem saam drink aan die Italiaanse wyne. En julle, dis goeie wyn. Hierdie klomp kan maar wynmaak en koskook. Hulle ken van.

Die konferensie is darem goed. Die hotel se internet is net alweer bleddie duur, maar ons het internet hier by die konferensiesentrum in sekere lokale. Ek hoop ons kan bietjie van ons collaborations verder vat. Maar ek dink ek staak vir die res van die jaar wat vlieg aanbetref.

Thinus se blog Italie 2009.

Dins 9 Jun 2009, 13:18

Donderdagoggend 9 April 2009
Ek moet eers die storietjie vertel terwyl ek op die trein sit na Roma. Groot taak van die dag is om van Bolzano na Roma te reis per trein. Ons trein vertrek 01:09 vanaf Bolzano. In die middel van die nag!
So bietjie van die aanloop … Die aand van 8 April kuier ons eers ‘n laaste bietjie saam met Nella, drink so bietjie wyn, bier, eet kaas en brood en die lekkerste duurste erdbeere. Teen 21:30 vat sy die trein met ‘n swaar gemoed terug Brixon toe. Ons pak en het darem nog so uur of wat om skuins te lê. Beste kom op ‘n punt agter die tandestokkie van haar Switserse mes is weg. Wie dink julle is die skuldige …. Ek het dit die vorige aand gebruik, maar dit baie presies weer terug gesit want ek weet, behoede die een wat iets van daardie geliefde mes lat wegraak. So raak sy aan die slaap sonder die tandestokkie in die mes …
Teen 00:15 spring ons op, pak die laaste goed en vertrek – sak en pak – letterlik. By die hotel se voordeur besluit sy die tandestokkie pla te veel sy wil weer gaan kyk. Ga, jy sal dit nie glo nie sy kom met ‘n klimlag so breed soos ‘n “kiddies slope” daar aan. Die stokkie het onder die stoel waarop – ek – gesit het, gelê … Die enigste verklaring wat ek daarvoor het, is dat dit utigeval het toe ek die
Frizziane wyn se kurk uitgepluk het. Nou’s die vrede weer herstel.
Flink stap ons stasie toe in die middernagtelike ure sonder dat daar eers ‘n gedagte van ‘n selfoondief, rower, verkragter of moordenaar naby ons breine kom.
Wat ons nie op gereken het nie, is dat die stasie se deure dalk gesluit kan wees. Wel aangesien ons nie daarop gereken het nie, was dit gesluit. Nou wat nou? Dit is 13 minute voor die trein vertrek. Gelukkig sien ons daar kom ander misrekendes ook na die geslote deure aangestap. Hulle gee die deure een pluk, swaai in hul spore om begin doelgerig in ‘n rigting stap. Beste se onmiddelike gevolgtrekking is … dit lyk of hulle weet waarheen hulle gaan, kom ons volg hulle. Teen ‘n drafstap is ons sakke en pakke al agter die doelgerigte misrekendes aan. Na so 3 minute se stap wat soos 14 minute gevoel het, sien ons ‘n plek waar ons die stasie kan binnegaan. Reg langs die teken wat in duits dit baie duidelik stel dat dit -“verbode is om oor die spoor te loop”-, loop ons oor die spoor na die, tot dusver onbekende, platvorm. Ek wil nog kyk op watter platvorm ons moet wees, maar beste het spoor gevat… Bokspringende oor die spore kom ons by ‘n platvorm aan waarop daar, ja raai wat, staan? Bologone. Gelukkig het ons kennis van Italië bietjie vermeerder en besef ons dit is die regte plek, Bologne is ‘n groot dorp voor Roma. Kaartjies in die geelboksie gedruk om dit geldig te maak, staan ons en wag.
Presies 01:09 kom die trein die stasie binne gegly. Ek staan lekker naby die deur. Terwyl ek die tas optel om op die trap te sit stap daar ‘n donker dik Italiaanse? vrou of iets voor my by die trap op met nog ene kort op haar hakke. Gmf besluit ek, haar voet, en druk my tas voor haar in op die trap, draai my lyf ook voor haar in en vat ons ander tas aan en plaas dit ook voor haar in die trein. Ek besef hier kom ‘n gespook om plek, want ons het 2e klas kaartjies en die kaartjieverkoper het dit baie duidelik gestel dat: “Seats are not reserved”. Hy het dit ‘n paar keer herhaal om seker te maak ons hoor hom – ek kon nie verstaan hoekom hy dit so pertinent sê nie, nou begin ek verstaan – ‘n geveg om plek! Strategie. “Beste gaan kry jy solank plek, ek sal sak en pak versorg.” Die trein het kompartemente waarvan die deur toe en gordyntjies ook toegetrek is. Soos ek in die gang by die mense verbygeskuif kom hoor ek daar is ‘n lawaai in ‘n kompartement. Raai wat? Beste het aan die einste donker dik Italiaanse? vrou se boud gevat. Harassment ens ens is van die woorde wat genoem word. Toe ek die kompartement inkom stamp die donker dik Italiaanse? vrou en haar vriendin my half uit die pad op hulle pad uit en los ‘n paar f en f woorde en sê: “I understand you language”. Wat sal ek binne die kompartement vind? ‘n Verskrikte beste. Sy het ‘n sak op die sitplek langs haar gesit om vir my plek te hou. Die dik donker Italiaanse vrou het ingestorm, sonder om ‘n woord te sê, die sak opgetel en, voor Beste se woorde van “te place is for my husband” inslag kon vind, haar vierkantig probeer sitmaak op MY plek. Dis toe met die afkomslag wat Beste haar hand by haar mond voeg, en haar hand onder die dik donker vrou se boud indruk om te verhoed dat sy op MY plek sit – wat die liefde darem nie alles ‘n mens sal laat doen nie. Die res van die geskel kan julle julle maar indink.
Arme Beste sy is skoon bedeesd gebaklei. Dit vat nogal ‘n groot broek om dit reg te kry.
So sit ons rustig en wag dat die nag moet verbygaan, tot die kondukteer opgdaag en ons kaartjies vra. Ons is op pad Roma toe in die wa wat Venezia toe gaan. Ons wa is die een agter ons. Die trein stop oor ‘n paar minute op Verona en dan word die Venezia waens af gehaak, so ons moet nou ons gewonne sitplekke verlaat en na die agterste wa verskuif. As ek reg onthou raak dit nou al gewoonte van ons om sak-en-pak deur die waens by verviesde Taljaners verby te skuif. Raai wat, wie neem ons sitplekke in? Ja, die dik-donkeres! Hulle glimlag breed en ons stap afgehaal na die agterste wa.
Nou weet ek plek is min en hier kom moontlik nog ‘n geveg, maar Beste is pap geslaan deur ‘n dik donker tong, so ek sal die gevegte moet veg. Soos ons deur die gangetjie voort sukkel sien ek al die deure en gordyne is dig toegetrek. In die bagasieruim pak ons die sakke en staan verdwaas rond. Nog 6 ure na Roma in die bagasieruim? Beste neem stelling in op die ysige koue metaal vloer, soos ‘n Gerrie Coetzee van ouds met sy bewende lippie, die dik donker tong het al die fut uitgehaal.
Self is ek moerig want ek het skelmpies deur ‘n gordyntjie geloer en gesien daar lê ‘n slapende liggaam oor drie banke versprei. Op ‘n punt toe my boude al ysig koud is, nog voor die trein begin beweeg het, raak ek bietjie bemoerd vir die situasie en besluit nou sal ek gaan veg, maar hier sit ek nie vir nog 6 ure nie, al moet ek iemand uit sy / haar diepe gemaklike slaap wakker skud. Die een wa af, elke toegedrukte deur beur ek oop, al het hulle rekke gebruik om dit toe te hou, maar geen kompartement met 2 sitplekke. Die volgende wa. By die eerste deur loer ek in, ga 2 sitplekke oop, beleefd vra ek of dit geneem is – nie net neerval op ander se plekke nie. “Ja”, sê ‘n Sjineese dame een plek is geneem. Ek wonder …. Volgende deur oop. Hier is drie jong manne uitsprei soos jam op brood oor die banke. Die een lig traag en onwillig sy een ooglid op en kyk my met verdwasing aan. Baie vriendelik en vrolik verneem ek of die plekke geneem is. Baie duidelik is dit nie, so hy kan nie vir my ‘n pizza rol nie.
Sederdien sit ons in die kompartement. Ek het bietjie op die vloer geslaap, dit het vir Beste 2 sitplekke gegee om haar uitklophou af te slaap. Die drie jong manne het op Florance afgeklim en nou sit ons saam met 4 ander pendelaars wat op pad werk toe is in die kompartement op pad na Roma!
Dit is lig en die Italiaanse platteland is lentemooi.
ONS VERBLYF IN BOLZANO
Die tien nagte in Bolzano was ‘n belewenis. Ek het net besef mens kan baie meer kreatief wees in omstandighede waar jy nie hoef te vrees dat iemand jou helder oor dag van jou selfoon of jou lewe wil berowe nie. Ek hoef selfs nie eers in die nag patrollie te loop nie!
Dit is lekker in die beskawing!!! Ons staan 07:30 op, en word verwelkom met die wonderlikste ontbyt reuke. Ek noem dit die “gesnuif van vars soetgebak van ‘n Europese ontbyt”. Heerlik! Vars gemaakte cuppacino!
In ons “squeaky room” 5 minute se stap van die hotel werk ons tot 12:30. Tyd vir pizza in die menza. Terug na die squeaky room tot 17:00 of bietjie later afhangende hoe ons voel. Dan …. VENIZIANO op die Whalter platze waar ons gereeld ‘n straatopera beleef het. Partykeer met begeleiding ander kere daarsonder. Op pad hotel toe stop ons by Spar vir wyn en brood en kaas. By die Gelateria tel ons gou ‘n eg Italiaanse gelato op vir €1. Vir die van julle wat nog die Danish ice cream in Sunnyside oorkant Sunnypark kan onthou. Italiaanse Gelato is Danish ice cream gekwadreer. Die aand wel, wat kan mens nou doen in ‘n beknopte hotelkamertjie behalwe TV kyk.
Die tweede aand was ek so in vervoering na die straatopera, dat ek my rekenaarsak met backups, papiere ens ens alles net so langs die stoel op die plein gelos het. Dit kom ek eers later die aand agter toe ek my navorsingsvraag wat na ‘n halwe bottel rooiwyn uitgedink is, wou neerskryf. Ysige sneeu val op my, Alpe berge bedek my! Kop onderstebo stap ek terug plein toe en sowaar … dis die beskawing hier! Die sak staan presies langs die stoel waar ek hom gelos het. Ek kan dit nie glo nie. Soveel so dat ek dit die volgende dag weer uittoets. Hierdie keer met my kamera by ‘n koffiewinkel. Ek los die kamera doelbewus langs my stoel op die sypaadjie op die hoek van twee groot strate op die grond. Na twee ure gaan ‘n houtgerus terug en vind dit uit die hande van die kelner. Hy het dit in veilige bewaring vir my gehou..

Thursday, February 19, 2009

Ons laaste dag in Innsbruck

Ons het toe de ski-ding aangepak vandag, en dit was heel opwindend. Moet se^ ek bly 'n ongeluk wat 'n plek soek om te gebeur. Met my eerste poging het ek die plek se speaker platgeski en selfs op 'n stadium onder deur ons instrukteur gegly. Wat 'n verleentheid! Alta het soos laas baie goed reggekom, ski is in haar bloed!

More vat ons die pad terug. Sien Alta se blog by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/

Wednesday, February 18, 2009

Uiteindelik klaar gepraat

Dit bly maar stressvol, maar dis makliker as dit mens se student se werk is, want jy kan die moeilike vrae aanstuur! Met jou eie werk het mens nie daai voordeel nie.

Foto's by

Kliek op die slideshow.

Alte se blog is ook opgedateer by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/

Tuesday, February 17, 2009

Innsbruck continued

As posted on my Facebook status: Aurona Gerber has new definitions for cold, white, slippery and bad planning. 'Cold' is this evening after the snow and sleet in a very fresh wind (I truly believe the -17 degrees prediction for Innsbruck hubby sent me this morning). 'White' is today after 6 hours of continuous heavy snow fall. 'Slippery' is the pavements after the snow and rain with the icy wind - it is worse than an ice ring without skates, and 'bad planning' is working on my presentation after the conference dinner ... Ohhh man...

Innsbruck 2009

Alta se blog is weer op datum by http://innsbruck2009-alta.blogspot.com/. Vandag begin die kongres. Ongelooflik hoe die tyd vlieg.

Monday, February 16, 2009

Munich

Gelukkig begin die konferensie eers more, so ons is vandag Munich toe met die kar. Baie dapper! Paula en Alta is formidabele reisgenote, in die kar en stuit vir niks. Ons het met die GPS gery snelweg langs tot in Munich se middestad, geparkeer, die ou stad platgestap en met 'n asemrowende paadjie deur die berge terug Innsbruck toe gery.
Dit was ongelooflik koud, mens se neus en ore vries af binne minute.

Kliek op die foto's vir die Picasa album -

Sunday, February 15, 2009

Nog Innsbruck, 15 Feb'09

'n Heerlike dag in die berge. Ons het maar die ski gelos en net ons innerlike versterk dmv die uitsig en die ander nodige voggies en kossies. Dit was 'n sonskyn dag en almal was in die berge.

Nog foto's op my Picasa album of kliek op die foto's om na die album te gaan.

Moenie vergeet om Alta se blog te lees nie.

Innsbruck 2009

Mens hoef maar net Alta se blog te lees. Sy se^ alles. My foto's is op Picasa.
Innsbruck

Sunday, January 11, 2009

Is dit nie mooi nie? (en diep...)

The first patterns for breaking down this dualistic mind is prayer. Prayer is when you go on that contemplative journey where you consciously let go of your ego boundaries, your ego certitudes, and you start falling into the mystery of God, the Mystery of love, the Mystery of forgiveness, the mystery of mercy, the mystery of unconditional love, which is always unearned and outside of the quid pro quo universe. Tit for tat does not compute any more

from A New Way of Seeing/ A New Way of Being; Jesus and Paul

Friday, November 28, 2008

Kapperjol


Sy lang stoetnaam was Echo Lang Carel Kapperjol, 'n geregistreerde, historiese boerperd. En ek gaan hom baie, baie mis. Het hom seker nou al 13 jaar en hy het so 'n karakter gehad, hy los 'n reuse gat in ons lewens, en 'n hengse rekening vir die 2e keer by OP.


Sy album

Wednesday, November 26, 2008

Plaasaanvalle in die nuus

Ons polisie het gister in 'n vergadering geweier om hulle enigsens te verbind tot enige aksies. Hulle se^ hulle werk glo klaar te hard, en dit terwyl ons betroubare 'inside info' het dat hulle selfs die patrolliemotors se klokke aandraai sodat dit lyk asof hulle werk. Hulle het eers 2 ure na die aanval by Duncan-hulle aangekom.

Sien statistieke van tot 2007, daarna was dit nog baie erger - Plaasmoorde.pdf

Duncan-hulle se storie en dieselfde hier. Die laaste aanval op die Legemaats

Nog nuus oor die omgewing hier, en oor Kameeldrif hier en hier.

Sunday, November 23, 2008

Wednesday, November 19, 2008

Plaasaanval

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2428673,00.html

Die aanval het eergisteraand deurgekom op ons radionetwerk. Hulle bly so 8km van ons af soos die kraai vlieg, seker so 15km padlangs. Hulle het net eenvoudig in sy huis ingebreek en hy het nog gesit en werk. Toe hulle die glasdeur in die huis afbreek het hy opgespring maar met die omdraai het hulle hom deur sy bo-lyf deur albei longe geskiet. Hy is in die hospitaal dood. Thinus het so 2am daar uitgejaag en 4am weer by die huis gekom. Die polisie het net rondgestaan en nie geweet wat om te doen nie, so daar gebeur weer niks.

Ek dink dis wat my die opstandigste maak - op die ou einde nie die misdaad nie (alhoewel ek woedend is daaroor), maar die feit dat ons magteloos is en die polisie NIKS doen om die ouens te laat boet vir hul dade nie. As daar net reg en geregtigheid was, maar hierdie ouens gaan net weer wegkom daarmee. Hulle het 'n hele gesin en klein kindertjies, familie en gemeenskap se lewens op die brutaalste manier moontlik ingedring en hulle gaan net wegkom daarmee.

Monday, November 17, 2008

Tuks se Laureaatbal


Ek was Saterdagaand met my veel-gewroegde, rooi rok by die Laureaatbal van UP. Dit was toe heel lekker. My voete het my doodgemaak aan die einde van die dag, en die rok is nie vir sit nie want mens kan nie jou rug buig nie! Maar dit was lekker om op te dress en mooi te voel.

Friday, September 19, 2008

'Miracle'

Ek wil julle vandag vertel van 'Miracle' soos ek haar gedoop het, dis 'n ongelooflike verhaaltjie en elke stukkie is waar!

Laat ek heel, heel voor begin. Toe ek vanoggend onder luide aanjaaging van Ane (omdat sy vandag atletiek het), in die kar spring is die battery pap. Sal maar nie ingaan op die redes nie, maar sal volstaan daarby dat dit nie my skuld was nie. Nouja, om daai tjor uit te stoot is toe glad nie maklik nie, maar ek en Ane en Maria kry dit toe darem reg en ek kry die ding aan die ry geruk. Toe is Ane omtrent paniekerig en ek gee vet maar ry onder protes die slegte pad omdat Thinus my laat weet het die buurman se swartwitpense staan teen die draad. Ek wil hulle so graag sien, hy het hulle nou onlangs aangekoop. Hulle is toe daar, maar so ook betree Miracle my lewe.

Miracle is 'n elandkalfie wat op daardie oomblik toe teen die draad afhardloop saam met ons elandkoei en kalf. En die ou dingetjie probeer toe heeltyd deur die draad kom met geen ander Ma Eland in sig nie. Krisis van formidabele afmetings want daar is geen manier dat ek met my bunny-hugger hart daai kalfie aan haar lot kan oorlaat nie. En Ane raak histeries want sy gaan laat wees oor 'n weeskalf. Toe bel ek vir Dawid en se hy moet kom kalf oppas, ek gaan eers vir Ane aflaai. En toe jaag ek, my arme kar.


Toe ek uiteindelik weer terug is, hol ons koei en kalf vervaard oor die pad voor my en weeskalf is weg. Dawid hol in die bosse rond en belowe my die kalf was nou-nou nog daar en hy sal hom kry. En ek bel vir Emma en vra haar om maar te kom kyk as sy kan, maar ek is op pad werk toe. En ek draai om.

Toe ek teen die draad afry le^ die ou kalfie toe teen die draad, en betree toe weereens my lewe. Ek kan toe mooi sien sy is al orals nerf af soos sy gespook het om deur die draad te kom. Ek parkeer toe die kar net daar en begin rondbel, maar niemand is beskikbaar om te help nie. Ons koei en kalf kom toe ook weer nader. Die koei het haar nogal oor die ou kalfie ontferm, maar elke keer as die kalf probeer suip, het sy haar weggeskop. So dit was duidelik haar ontferming gaan nie so ver soos om haar kalf se melk met die vreemdeling te deel nie. Intussen was die zebras weerskante van die draad besig om te kuier met 'n astrante jong hingsie aan ons kant wat een aan die anderkant uitdaag en allerande manewales om die elande uitvoer. En elke keer kom die ou kalfie maar weer terug draad toe en probeer deurkom. Ek sien toe uiteindelik aan die anderkant 'n koei naderkom en besef toe dis haar ma en ons moet haar deur die draad kry. Maar toe ek uitklim om die draad te ondersoek om dit dalk te knip, begin die zebras hol en die kalf jaag. Die kalf skrik en saam met ons elandma hol die spul toe die vlaktes in met 'n woeste vaart. Intussen laat buurman my weet daar is niemand wat nou kan kom help nie, hulle gee eers diere kos en reel funksies en ry die land vol. Daar is toe nie veel wat ek verder kon doen nie.

Ek dog toe ek gaan maar net kyk waar hulle is op pad werk toe sodat ek wie ookal kan laat weet waar ek hulle laas gesien het. En ek kry hulle toe onder in die veld by 'n boom, en toe ek die kar stop en uitklim om met die verkyker te kyk, hol hulle weer weg, stert in die lug, Miracle heel voor.

Ek ry toe net om die blok om in die grootpad te kom werk toe, en toe kry ek hulle weer by
'n boom staan. En Ma eland en ons kalf is rustig besig om weg te wei, geen teken van Miracle nie. Ek hou toe die boom 'n rukkie dop, en ons elande beweeg heeltemal weg. Ek besluit toe dat ek net gaan nader stap om te kyk of sy daar is, en daar kry ek toe die arme ding onder die boom le^, mens sien net ore beweeg. Dit was 'n wonderwerk dat ek haar gekry het, want dis ongelooflik hoe so 'n ou kalfie in die veld wegsmelt. Ek sit toe daar naby en begin weer bel. Ek laat toe vir buurman weet ek pas sy kalf in die veld op, en hy se^ toe hy sal sy pa stuur om te kom kyk. Toe die oom uiteindelik die situasie aanskou, kon mens sien hy het te veel goed om te doen om te sukkel met die kalf, en dis buitendien half 'n onmoontlike situasie want ons het nie hulp nie. Ek moet se^ ek het met hom saamgestem, want wat maak mens nou? Die kalf is wild en hy dink glad nie dis 'n goeie idee om drade te knip nie, en as mens dit nie doen nie, is daar omtrent geen manier om die spul te beredder en die kalf weer by haar ma te kry nie.

Nouja, vir die laaste keer is ek toe op pad kar toe om werk toe te gaan, maar my bunny-hugger hart wil net vir oulaas die ou kalfie gaan aanskou. En daar sit ek en die kalf toe in die veld vir 2 ure. Ek kry dit nie reg om te loop nie, en ek gesels met die kalfie en bid vir 'n wonderwerk om die ou lewetjie te red, sommer sulke gate hemel toe. En mettertyd skuif ek al nader en nader, en gesels en gesels en bid en bid. En toe ek weer sien toe streel ek die kalfie, en trek my hemp uit en bind die dingetjie se oe toe (ek het 'n kamisool onder aan gehad vir die watse oe rek). En daar het ek toe die kalf gevang! Nog 'n krisis! Wat nou?! Ek is toe kar toe, het my perdrybroek gaan haal om die oe beter toe te bind en my hemp gebruik om die ore toe te bind, en die kombers gevat en oor haar gegooi en weer begin bel. Buurman se^ toe Marissa is naby en kan haar kom haal, dan kan hul haar dalk grootmaak. En ek reel ons hulpe om te kom help dra. En daar sit ek vir oulaas nog by die Miracle kalfie en streel haar, ewe rustig.

Marissa kom toe daar aan, en ons rol haar om binne in die kombers in, laai haar kombers en al op die bakkie, en na samesprekings besluit sy dis beter om haar vir haar ma te gaan gee. Hulle is daar weg met 'n gedruis, Miracle agterop.

Ek het hulle toe weer teen die draad gekry op soek na die ma, want hulle elande was nie ver van ons draad nie, en in my hart net gebid die ou kalfie maak dit. En net toe ek omtrent by die huis is, bel sy my. Die kalf, MIRACLE, SUIP!!! Sy het haar afgelaai, oe oopgemaak, lusern gegooi, en Miracle het opgevlieg, reguit na haar ma toe gehol en begin suip.

Dit is wraagies ongelooflik, die kalfie is omtrent 3 weke oud en sulke wilde diere vrek sommer van stress as mens met hulle werk. 3 weke is al heeltemal groot genoeg om te vrek van stress met hantering, maar gelukkig is sy nie jonger nie, want dan sou die ma haar heel moontlik weggegooi het agv die mensreuk aan haar. En enigiemand wat daai kalf gesien hol het vanoggend, sal nie glo dat ons haar so sou kon vang nie.





Dawid se kommentaar: 'Eish, ek bang die miesies, kyk nou hoe vang hy daai kalf. Hoe sal hy so maak, eish'. Thinus se kommentaar: 'my vrou, dis 'n storie om te vertel, en jy bly darem ok 'n wilde wragtag'. My kommentaar: 'Iemand het my gehoor en ek het wraggies 'n wonderwerk beleef.'

Die lewe in Afrika, nooit sonder opwinding nie!!

Ek sal kyk of ek tog 'n foto van Miracle by haar ma kan kry.

Monday, May 12, 2008

My Spirit Horse

Daar is so baie mense wat perde verloor het hierdie jaar met perdesiekte. Dis so hartseer. Rosie het dit ook gekry, maar dankie tog, sy het oorleef. lyk my daar was maar min perde wat oorleef het as hulle dit gekry het. Hier is 'n gediggie in GHS se nuusbrief:

My Spirit Horse

On the day that my horse died
I sat in his stable and cried and cried
At last I realized his spirit was gone --
My once beautiful horse had passed on.

I sat that night looking up at the sky,
Eyes sore and puffy, trying not to cry.
Tired and confuswed, I closed my eyes
Tormented by a thousand "why's."

Then in the darkness I heard a sound
That made me sit up and look around.
The sound of hoof-beats in the soft moonlight
As my beautiful horse came into sight!

I gave him a hug as he nudged my hand
I felt he was asking me to understand...
That although he'd died and was gone
Happy in heaven -- his spirit lives on.

he snorted softly, (no sad goodbyes),
Then disappeared, as I rubbed my eyes.
"You're tired", someone said,
"You'll feel better, once you're in bed."

Was it a dream sent by your spirit?
Or was it you who came to visit?
One thing for certain is that I'm glad
Of the wonderful memories that we had.

My beautiful horse - I'll miss you so
But no longer question why you had to go,
For whatever the reason -- I had no say,
And I know I'll see you, again one day.

Inspired by Vaness, Adrienne and Taryn and dedicated to Pecan, Rosy, Joy and all horses that have died so shockingly and unexpectedly from AHS. By Sahron Lipa.