The first patterns for breaking down this dualistic mind is prayer. Prayer is when you go on that contemplative journey where you consciously let go of your ego boundaries, your ego certitudes, and you start falling into the mystery of God, the Mystery of love, the Mystery of forgiveness, the mystery of mercy, the mystery of unconditional love, which is always unearned and outside of the quid pro quo universe. Tit for tat does not compute any more
from A New Way of Seeing/ A New Way of Being; Jesus and Paul
Sunday, January 11, 2009
Friday, November 28, 2008
Wednesday, November 26, 2008
Plaasaanvalle in die nuus
Ons polisie het gister in 'n vergadering geweier om hulle enigsens te verbind tot enige aksies. Hulle se^ hulle werk glo klaar te hard, en dit terwyl ons betroubare 'inside info' het dat hulle selfs die patrolliemotors se klokke aandraai sodat dit lyk asof hulle werk. Hulle het eers 2 ure na die aanval by Duncan-hulle aangekom.
Sien statistieke van tot 2007, daarna was dit nog baie erger - Plaasmoorde.pdf
Duncan-hulle se storie en dieselfde hier. Die laaste aanval op die Legemaats
Nog nuus oor die omgewing hier, en oor Kameeldrif hier en hier.

Sunday, November 23, 2008
Wednesday, November 19, 2008
Plaasaanval
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2428673,00.html
Die aanval het eergisteraand deurgekom op ons radionetwerk. Hulle bly so 8km van ons af soos die kraai vlieg, seker so 15km padlangs. Hulle het net eenvoudig in sy huis ingebreek en hy het nog gesit en werk. Toe hulle die glasdeur in die huis afbreek het hy opgespring maar met die omdraai het hulle hom deur sy bo-lyf deur albei longe geskiet. Hy is in die hospitaal dood. Thinus het so 2am daar uitgejaag en 4am weer by die huis gekom. Die polisie het net rondgestaan en nie geweet wat om te doen nie, so daar gebeur weer niks.
Ek dink dis wat my die opstandigste maak - op die ou einde nie die misdaad nie (alhoewel ek woedend is daaroor), maar die feit dat ons magteloos is en die polisie NIKS doen om die ouens te laat boet vir hul dade nie. As daar net reg en geregtigheid was, maar hierdie ouens gaan net weer wegkom daarmee. Hulle het 'n hele gesin en klein kindertjies, familie en gemeenskap se lewens op die brutaalste manier moontlik ingedring en hulle gaan net wegkom daarmee.

Tuesday, November 18, 2008
Monday, November 17, 2008
Tuks se Laureaatbal
Friday, September 19, 2008
'Miracle'
Ek wil julle vandag vertel van 'Miracle' soos ek haar gedoop het, dis 'n ongelooflike verhaaltjie en elke stukkie is waar!
Laat ek heel, heel voor begin. Toe ek vanoggend onder luide aanjaaging van Ane (omdat sy vandag atletiek het), in die kar spring is die battery pap. Sal maar nie ingaan op die redes nie, maar sal volstaan daarby dat dit nie my skuld was nie. Nouja, om daai tjor uit te stoot is toe glad nie maklik nie, maar ek en Ane en Maria kry dit toe darem reg en ek kry die ding aan die ry geruk. Toe is Ane omtrent paniekerig en ek gee vet maar ry onder protes die slegte pad omdat Thinus my laat weet het die buurman se swartwitpense staan teen die draad. Ek wil hulle so graag sien, hy het hulle nou onlangs aangekoop. Hulle is toe daar, maar so ook betree Miracle my lewe.
Miracle is 'n elandkalfie wat op daardie oomblik toe teen die draad afhardloop saam met ons elandkoei en kalf. En die ou dingetjie probeer toe heeltyd deur die draad kom met geen ander Ma Eland in sig nie. Krisis van formidabele afmetings want daar is geen manier dat ek met my bunny-hugger hart daai kalfie aan haar lot kan oorlaat nie. En Ane raak histeries want sy gaan laat wees oor 'n weeskalf. Toe bel ek vir Dawid en se hy moet kom kalf oppas, ek gaan eers vir Ane aflaai. En toe jaag ek, my arme kar.
Toe ek uiteindelik weer terug is, hol ons koei en kalf vervaard oor die pad voor my en weeskalf is weg. Dawid hol in die bosse rond en belowe my die kalf was nou-nou nog daar en hy sal hom kry. En ek bel vir Emma en vra haar om maar te kom kyk as sy kan, maar ek is op pad werk toe. En ek draai om.
Toe ek teen die draad afry le^ die ou kalfie toe teen die draad, en betree toe weereens my lewe. Ek kan toe mooi sien sy is al orals nerf af soos sy gespook het om deur die draad te kom. Ek parkeer toe die kar net daar en begin rondbel, maar niemand is beskikbaar om te help nie. Ons koei en kalf kom toe ook weer nader. Die koei het haar nogal oor die ou kalfie ontferm, maar elke keer as die kalf probeer suip, het sy haar weggeskop. So dit was duidelik haar ontferming gaan nie so ver soos om haar kalf se melk met die vreemdeling te deel nie. Intussen was die zebras weerskante van die draad besig om te kuier met 'n astrante jong hingsie aan ons kant wat een aan die anderkant uitdaag en allerande manewales om die elande uitvoer. En elke keer kom die ou kalfie maar weer terug draad toe en probeer deurkom. Ek sien toe uiteindelik aan die anderkant 'n koei naderkom en besef toe dis haar ma en ons moet haar deur die draad kry. Maar toe ek uitklim om die draad te ondersoek om dit dalk te knip, begin die zebras hol en die kalf jaag. Die kalf skrik en saam met ons elandma hol die spul toe die vlaktes in met 'n woeste vaart. Intussen laat buurman my weet daar is niemand wat nou kan kom help nie, hulle gee eers diere kos en reel funksies en ry die land vol. Daar is toe nie veel wat ek verder kon doen nie.
Ek dog toe ek gaan maar net kyk waar hulle is op pad werk toe sodat ek wie ookal kan laat weet waar ek hulle laas gesien het. En ek kry hulle toe onder in die veld by 'n boom, en toe ek die kar stop en uitklim om met die verkyker te kyk, hol hulle weer weg, stert in die lug, Miracle heel voor.
Ek ry toe net om die blok om in die grootpad te kom werk toe, en toe kry ek hulle weer by
'n boom staan. En Ma eland en ons kalf is rustig besig om weg te wei, geen teken van Miracle nie. Ek hou toe die boom 'n rukkie dop, en ons elande beweeg heeltemal weg. Ek besluit toe dat ek net gaan nader stap om te kyk of sy daar is, en daar kry ek toe die arme ding onder die boom le^, mens sien net ore beweeg. Dit was 'n wonderwerk dat ek haar gekry het, want dis ongelooflik hoe so 'n ou kalfie in die veld wegsmelt. Ek sit toe daar naby en begin weer bel. Ek laat toe vir buurman weet ek pas sy kalf in die veld op, en hy se^ toe hy sal sy pa stuur om te kom kyk. Toe die oom uiteindelik die situasie aanskou, kon mens sien hy het te veel goed om te doen om te sukkel met die kalf, en dis buitendien half 'n onmoontlike situasie want ons het nie hulp nie. Ek moet se^ ek het met hom saamgestem, want wat maak mens nou? Die kalf is wild en hy dink glad nie dis 'n goeie idee om drade te knip nie, en as mens dit nie doen nie, is daar omtrent geen manier om die spul te beredder en die kalf weer by haar ma te kry nie.
Nouja, vir die laaste keer is ek toe op pad kar toe om werk toe te gaan, maar my bunny-hugger hart wil net vir oulaas die ou kalfie gaan aanskou. En daar sit ek en die kalf toe in die veld vir 2 ure. Ek kry dit nie reg om te loop nie, en ek gesels met die kalfie en bid vir 'n wonderwerk om die ou lewetjie te red, sommer sulke gate hemel toe. En mettertyd skuif ek al nader en nader, en gesels en gesels en bid en bid. En toe ek weer sien toe streel ek die kalfie, en trek my hemp uit en bind die dingetjie se oe toe (ek het 'n kamisool onder aan gehad vir die watse oe rek). En daar het ek toe die kalf gevang! Nog 'n krisis! Wat nou?! Ek is toe kar toe, het my perdrybroek gaan haal om die oe beter toe te bind en my hemp gebruik om die ore toe te bind, en die kombers gevat en oor haar gegooi en weer begin bel. Buurman se^ toe Marissa is naby en kan haar kom haal, dan kan hul haar dalk grootmaak. En ek reel ons hulpe om te kom help dra. En daar sit ek vir oulaas nog by die Miracle kalfie en streel haar, ewe rustig.
Marissa kom toe daar aan, en ons rol haar om binne in die kombers in, laai haar kombers en al op die bakkie, en na samesprekings besluit sy dis beter om haar vir haar ma te gaan gee. Hulle is daar weg met 'n gedruis, Miracle agterop.
Ek het hulle toe weer teen die draad gekry op soek na die ma, want hulle elande was nie ver van ons draad nie, en in my hart net gebid die ou kalfie maak dit. En net toe ek omtrent by die huis is, bel sy my. Die kalf, MIRACLE, SUIP!!! Sy het haar afgelaai, oe oopgemaak, lusern gegooi, en Miracle het opgevlieg, reguit na haar ma toe gehol en begin suip.
Dit is wraagies ongelooflik, die kalfie is omtrent 3 weke oud en sulke wilde diere vrek sommer van stress as mens met hulle werk. 3 weke is al heeltemal groot genoeg om te vrek van stress met hantering, maar gelukkig is sy nie jonger nie, want dan sou die ma haar heel moontlik weggegooi het agv die mensreuk aan haar. En enigiemand wat daai kalf gesien hol het vanoggend, sal nie glo dat ons haar so sou kon vang nie.

Dawid se kommentaar: 'Eish, ek bang die miesies, kyk nou hoe vang hy daai kalf. Hoe sal hy so maak, eish'. Thinus se kommentaar: 'my vrou, dis 'n storie om te vertel, en jy bly darem ok 'n wilde wragtag'. My kommentaar: 'Iemand het my gehoor en ek het wraggies 'n wonderwerk beleef.'
Die lewe in Afrika, nooit sonder opwinding nie!!
Ek sal kyk of ek tog 'n foto van Miracle by haar ma kan kry.

Monday, May 12, 2008
My Spirit Horse
Daar is so baie mense wat perde verloor het hierdie jaar met perdesiekte. Dis so hartseer. Rosie het dit ook gekry, maar dankie tog, sy het oorleef. lyk my daar was maar min perde wat oorleef het as hulle dit gekry het. Hier is 'n gediggie in GHS se nuusbrief:
My Spirit Horse
On the day that my horse died
I sat in his stable and cried and cried
At last I realized his spirit was gone --
My once beautiful horse had passed on.
I sat that night looking up at the sky,
Eyes sore and puffy, trying not to cry.
Tired and confuswed, I closed my eyes
Tormented by a thousand "why's."
Then in the darkness I heard a sound
That made me sit up and look around.
The sound of hoof-beats in the soft moonlight
As my beautiful horse came into sight!
I gave him a hug as he nudged my hand
I felt he was asking me to understand...
That although he'd died and was gone
Happy in heaven -- his spirit lives on.
he snorted softly, (no sad goodbyes),
Then disappeared, as I rubbed my eyes.
"You're tired", someone said,
"You'll feel better, once you're in bed."
Was it a dream sent by your spirit?
Or was it you who came to visit?
One thing for certain is that I'm glad
Of the wonderful memories that we had.
My beautiful horse - I'll miss you so
But no longer question why you had to go,
For whatever the reason -- I had no say,
And I know I'll see you, again one day.
Inspired by Vaness, Adrienne and Taryn and dedicated to Pecan, Rosy, Joy and all horses that have died so shockingly and unexpectedly from AHS. By Sahron Lipa.

Friday, February 15, 2008
Plaasfotos
Die plaas is so pragtig na al die reen, ek kliek net heeltyd foto's. En gewoonlik le^ dit net op my hardeskyf. Gelukkig het ons nou wonderlike tegnologie om foto's met almal daar ver^ te deel!!
groetnis
a
![]() |
| Plaas |
groetnis
a
Nog Reengevolge
Ek het besluit na laasjaar se droogte ek sal nooit weer kla oor reen nie, maar ek begin so nou en dan net effens wonder!
![]() |
| Papsopnat |
Thursday, January 24, 2008
Reen, reen, reen
Dit reen aanhoudend die afgelope twee weke. Sedert Vrydag tot gisteraand het ons amper 300mm reen gekry. Die wereld is papnat.

Ek geniet dit baie! Ons gaan binnekort nie meer by die huis kan uitkom nie. Soos dit is het mens 4x4 nodig, daarsonder val mens vas in die modder.

Die dammetjie was 3 maande terug nog heeltemal droog en orals in die paadjies is daar fonteine.

Monday, September 3, 2007
Monday, August 20, 2007
Battered Mums
Dit gaan dol - ek het 'n verliefde, emosiebelaaide en bedonnerde tiener, en 'n verbete 8 jarige wat verjaar en presies 6 maatjies presies om 12:30 op presies 'n sekere manier opgelaai wil he om op presies op 'n spesifieke manier te gaan ysskaats. Aangesien Ouma ook nog verjaar en die naweek by ons is, dog ek ek vat Ouma en Oupa, en tiener en boyfriend saam om te gaan help ogie hou oor die agtjariges.
Na 'n geweldige uittog waar ek almal teen alle aanslae bymekaar probeer hou in Kolonade (ons het wraggies 'n treintjie gemaak met al die agtjariges aanmekaargehak in Kolonade se mensemassa) is ons toe uiteindelik by die ysskaatsbaan. Selfs die kassier het opgegee om te probeer tel tuseen ouens en jonges en tieners en gillende agtjariges. Met al die lawaai en mense is Ouma en Oupa toe so verwilderd, hulle sit net met groot oe op die stelasie teen mekaar. Kompleet soos verkluimde hoendertjies. So ek moet my oor hulle ook ontferm. En boyfriend se arm is seer so hy was presies een sekonde op die ys (R45 in sy maai), en toe is tiener ook nikswerd, sy weet nie mooi waar en hoe om aandag te skenk nie. Net sodra ek dink sy kyk na een helfte van my verantwoordelikhede en ek begin die ander desperaat soek, onthou sy weer van afarmpie, en dan laat sy hul oor aan hul lot tot my groot konsternasie, want ek het nog nie eers die ander helfte opgespoor op die ys nie.
So, met my seer enkel was dit net beterhelfte ('n grys, stywebeen 40jarige) op die ysskaatsbaan met 6 dogterjies wat pad vat teen baie verskillende spoedens en verskillende rigtings. Orals waar 'n hoop ysskaters val en verongeluk, was een van my spulletjie betrokke. Sug....
Daarna moes ons die Bratz Faerietopia koek (dis nou 'n Bratz pop o
pgemaak in 'n Faerietopia versiersuikergewaad - ek dink nie dit was ooit Bratz se idee nie) gaan opeet by Milky Lane. Het my bes probeer om die koek by die huis te hou, maar 8-jarige was verbete, die koek is verbete opgepas sedert Donderdag, en met baie moeite saamgepiekel ysskaatsbaan en Milky-Lane toe voordat ons dit met die nodige seremonie verwoes het! Dis nou nadat die miere die koek op die eerste aand ontdek het, en ek amper 'n uur laat was vir werk omdat ek die verbete 8-jarige moes bystaan in die oorlog teen die miere. Wraggies is daar toe nog 'n dogtertjie wat gil - 'ooeee, hier is 'n mier op my koek!'. Ek het toe mooi verduidelik dit maak nie saak nie, die mier se pens is so vol koek en versiersuiker, hy proe nes koek so sy kan hom maar eet. Mens is nie so 'n sissie om te gril vir miere nie, wat van al die arme kindertjies sonder kos.....
Hierdie hele seremonie het plaasgevind nadat ons 'n perdesleepwa vol hout gaan aflaai het in die middestad vir Affies se wildsfees, so ek was redelik verwilderd om mee te begin. Toe ons uiteindelik weer die spulletjie (Dankie Vader!!) ongeskonde in Rayton gekry het, is ons toe weer weg (sonder tiener) na die wildsfees. Ouma en Oupa bly by die huis, en die tiener is toe sooo siek en ongelukkig dat ons summier besluit het om sonder haar na haar skool se wildsfees toe te gaan. Net om die hele rit soontoe te baklei oor wie nou eintlik verantwoordelik was om haar in die kar in te boender en nie haar twak op te vreet nie, en wie die 'softie' was. Ons het so 23:30 by die huis gekom. Ouma en Oupa slaap toe lankal, en op die liewe Sondagoggend, dou voor dag is hulle toe wakker en uitgeslaap - net om ons op te dreun want hulle het nou genoeg geslaap so ons moet opstaan. Ons moet opslag na swaer en skoonsus toe. En ons is die taxi.
Partymaal weet ek nie hoe hou ek dit nie. Ek voel asof die lewe my saamsleur met 'n dolle vaart en dat ek net so nou en dan grondvat. En as ek grondvat is dit bleddie hard.
Na 'n geweldige uittog waar ek almal teen alle aanslae bymekaar probeer hou in Kolonade (ons het wraggies 'n treintjie gemaak met al die agtjariges aanmekaargehak in Kolonade se mensemassa) is ons toe uiteindelik by die ysskaatsbaan. Selfs die kassier het opgegee om te probeer tel tuseen ouens en jonges en tieners en gillende agtjariges. Met al die lawaai en mense is Ouma en Oupa toe so verwilderd, hulle sit net met groot oe op die stelasie teen mekaar. Kompleet soos verkluimde hoendertjies. So ek moet my oor hulle ook ontferm. En boyfriend se arm is seer so hy was presies een sekonde op die ys (R45 in sy maai), en toe is tiener ook nikswerd, sy weet nie mooi waar en hoe om aandag te skenk nie. Net sodra ek dink sy kyk na een helfte van my verantwoordelikhede en ek begin die ander desperaat soek, onthou sy weer van afarmpie, en dan laat sy hul oor aan hul lot tot my groot konsternasie, want ek het nog nie eers die ander helfte opgespoor op die ys nie.
So, met my seer enkel was dit net beterhelfte ('n grys, stywebeen 40jarige) op die ysskaatsbaan met 6 dogterjies wat pad vat teen baie verskillende spoedens en verskillende rigtings. Orals waar 'n hoop ysskaters val en verongeluk, was een van my spulletjie betrokke. Sug....
Daarna moes ons die Bratz Faerietopia koek (dis nou 'n Bratz pop o
pgemaak in 'n Faerietopia versiersuikergewaad - ek dink nie dit was ooit Bratz se idee nie) gaan opeet by Milky Lane. Het my bes probeer om die koek by die huis te hou, maar 8-jarige was verbete, die koek is verbete opgepas sedert Donderdag, en met baie moeite saamgepiekel ysskaatsbaan en Milky-Lane toe voordat ons dit met die nodige seremonie verwoes het! Dis nou nadat die miere die koek op die eerste aand ontdek het, en ek amper 'n uur laat was vir werk omdat ek die verbete 8-jarige moes bystaan in die oorlog teen die miere. Wraggies is daar toe nog 'n dogtertjie wat gil - 'ooeee, hier is 'n mier op my koek!'. Ek het toe mooi verduidelik dit maak nie saak nie, die mier se pens is so vol koek en versiersuiker, hy proe nes koek so sy kan hom maar eet. Mens is nie so 'n sissie om te gril vir miere nie, wat van al die arme kindertjies sonder kos.....Hierdie hele seremonie het plaasgevind nadat ons 'n perdesleepwa vol hout gaan aflaai het in die middestad vir Affies se wildsfees, so ek was redelik verwilderd om mee te begin. Toe ons uiteindelik weer die spulletjie (Dankie Vader!!) ongeskonde in Rayton gekry het, is ons toe weer weg (sonder tiener) na die wildsfees. Ouma en Oupa bly by die huis, en die tiener is toe sooo siek en ongelukkig dat ons summier besluit het om sonder haar na haar skool se wildsfees toe te gaan. Net om die hele rit soontoe te baklei oor wie nou eintlik verantwoordelik was om haar in die kar in te boender en nie haar twak op te vreet nie, en wie die 'softie' was. Ons het so 23:30 by die huis gekom. Ouma en Oupa slaap toe lankal, en op die liewe Sondagoggend, dou voor dag is hulle toe wakker en uitgeslaap - net om ons op te dreun want hulle het nou genoeg geslaap so ons moet opstaan. Ons moet opslag na swaer en skoonsus toe. En ons is die taxi.
Partymaal weet ek nie hoe hou ek dit nie. Ek voel asof die lewe my saamsleur met 'n dolle vaart en dat ek net so nou en dan grondvat. En as ek grondvat is dit bleddie hard.
Friday, March 30, 2007
Ode to my Spell Checker
ODE TO MY SPELL CHECKER
(deur epos gekry so eienaar anoniem and kopiereg word moontlik oortree)
Eye halve a spelling checker;
It came with my pea sea.
It plainly marks four my revue,
Miss steaks eye kin knot sea.
Eye strike a key and type a word,
And weight four it two say,
Weather eye am wrong oar write;
It shows me strait a weigh.
As soon as a mist ache is maid,
It nose bee fore two long.
And eye can put the error rite;
Its rare lea ever wrong.
Eye have run this poem threw it;
I am shore your pleased two no,
Its letter perfect awl the weigh.
My spell chequer tolled me sew !

Thursday, March 29, 2007
Hi julle
Hier is 'n paar fotojies van die lewe in Afrika!
Die eerste ene is 'n sonsondergang met ons nuwe Doring en Toring (kameelperde) wat ons gister geneem het.

Die ander foto's is vanaand geneem. wees gewaarsku - erg bloederig vir sensitiewe kykers.
Terwyl ons met die gebruiklike glasie wyn die sonsondergang geniet het, het my arme hen met kuikens 'n verwoede gil gegee, so erg dat al die ander hoenders alarm begin maak het en die haan sumier tot die geveg probeer toetree het. Sy het 'n aanval in die bosse geloods en orals het kuikens gespaander. Dit was te donker om mooi te sien, maar ek het die emmer waaronder sy gewoonlik slaap opgetel en daarmee saam 'n redelike groot gewiggie! Ons het onraad vermoed en ek het my rewolwer in Thinus se hande gestop en die huis ingestorm om die flits te kry. In die flitslig sien ons toe die monster, 'n reuse kobra met 'n kuiken in sy bek! Thinus het toe met al vyf skote, die laaste ene in die kop van baie naby, die slang halfpad dood geskiet. Die hen het intussen haar kroos bymekaar gemaak en op hulle gaan sit - en ons het gaan aandete eet.

Na ete gaan kyk ons weer, en daar le arme ma hen morsdood (sy is seker gepik in haar poging om die kuiken tevergeefs te beskerm). Meneer slang is halfpad besig om te ontsnap en Thinus het hom toe maar van kant gemaak met die graaf wat ek toe weer gehol het om te gaan haal. Die arme kuiken is ook op die slagveld opgetel. Al die slagoffers van die geveg is op die stoep le^ gemaak en afgeneem. Ek is baie jammer oor die moedige ma-hen, maar haar sussie het toe darem die weeskuikens onder vlerk geneem.

Die slang is omtrent 10cm langer as Ane en pas T onder die kieliebakke.
Life in Africa is never dull. Dis net so bleddie droog - g'n wonder al die slange is omtrent in die huis nie! Ons het sedert Krismis nie 'n druppel reen gesien nie.

Subscribe to:
Posts (Atom)