Monday, May 12, 2008

My Spirit Horse

Daar is so baie mense wat perde verloor het hierdie jaar met perdesiekte. Dis so hartseer. Rosie het dit ook gekry, maar dankie tog, sy het oorleef. lyk my daar was maar min perde wat oorleef het as hulle dit gekry het. Hier is 'n gediggie in GHS se nuusbrief:

My Spirit Horse

On the day that my horse died
I sat in his stable and cried and cried
At last I realized his spirit was gone --
My once beautiful horse had passed on.

I sat that night looking up at the sky,
Eyes sore and puffy, trying not to cry.
Tired and confuswed, I closed my eyes
Tormented by a thousand "why's."

Then in the darkness I heard a sound
That made me sit up and look around.
The sound of hoof-beats in the soft moonlight
As my beautiful horse came into sight!

I gave him a hug as he nudged my hand
I felt he was asking me to understand...
That although he'd died and was gone
Happy in heaven -- his spirit lives on.

he snorted softly, (no sad goodbyes),
Then disappeared, as I rubbed my eyes.
"You're tired", someone said,
"You'll feel better, once you're in bed."

Was it a dream sent by your spirit?
Or was it you who came to visit?
One thing for certain is that I'm glad
Of the wonderful memories that we had.

My beautiful horse - I'll miss you so
But no longer question why you had to go,
For whatever the reason -- I had no say,
And I know I'll see you, again one day.

Inspired by Vaness, Adrienne and Taryn and dedicated to Pecan, Rosy, Joy and all horses that have died so shockingly and unexpectedly from AHS. By Sahron Lipa.

Friday, February 15, 2008

Plaasfotos

Die plaas is so pragtig na al die reen, ek kliek net heeltyd foto's. En gewoonlik le^ dit net op my hardeskyf. Gelukkig het ons nou wonderlike tegnologie om foto's met almal daar ver^ te deel!!


Plaas


groetnis
a

Nog Reengevolge

Ek het besluit na laasjaar se droogte ek sal nooit weer kla oor reen nie, maar ek begin so nou en dan net effens wonder!

Papsopnat

Thursday, January 24, 2008

Reen, reen, reen

Dit reen aanhoudend die afgelope twee weke. Sedert Vrydag tot gisteraand het ons amper 300mm reen gekry. Die wereld is papnat.



Ek geniet dit baie! Ons gaan binnekort nie meer by die huis kan uitkom nie. Soos dit is het mens 4x4 nodig, daarsonder val mens vas in die modder.



Die dammetjie was 3 maande terug nog heeltemal droog en orals in die paadjies is daar fonteine.





Monday, August 20, 2007

Battered Mums

Dit gaan dol - ek het 'n verliefde, emosiebelaaide en bedonnerde tiener, en 'n verbete 8 jarige wat verjaar en presies 6 maatjies presies om 12:30 op presies 'n sekere manier opgelaai wil he om op presies op 'n spesifieke manier te gaan ysskaats. Aangesien Ouma ook nog verjaar en die naweek by ons is, dog ek ek vat Ouma en Oupa, en tiener en boyfriend saam om te gaan help ogie hou oor die agtjariges.

Na 'n geweldige uittog waar ek almal teen alle aanslae bymekaar probeer hou in Kolonade (ons het wraggies 'n treintjie gemaak met al die agtjariges aanmekaargehak in Kolonade se mensemassa) is ons toe uiteindelik by die ysskaatsbaan. Selfs die kassier het opgegee om te probeer tel tuseen ouens en jonges en tieners en gillende agtjariges. Met al die lawaai en mense is Ouma en Oupa toe so verwilderd, hulle sit net met groot oe op die stelasie teen mekaar. Kompleet soos verkluimde hoendertjies. So ek moet my oor hulle ook ontferm. En boyfriend se arm is seer so hy was presies een sekonde op die ys (R45 in sy maai), en toe is tiener ook nikswerd, sy weet nie mooi waar en hoe om aandag te skenk nie. Net sodra ek dink sy kyk na een helfte van my verantwoordelikhede en ek begin die ander desperaat soek, onthou sy weer van afarmpie, en dan laat sy hul oor aan hul lot tot my groot konsternasie, want ek het nog nie eers die ander helfte opgespoor op die ys nie.

So, met my seer enkel was dit net beterhelfte ('n grys, stywebeen 40jarige) op die ysskaatsbaan met 6 dogterjies wat pad vat teen baie verskillende spoedens en verskillende rigtings. Orals waar 'n hoop ysskaters val en verongeluk, was een van my spulletjie betrokke. Sug....

Daarna moes ons die Bratz Faerietopia koek (dis nou 'n Bratz pop opgemaak in 'n Faerietopia versiersuikergewaad - ek dink nie dit was ooit Bratz se idee nie) gaan opeet by Milky Lane. Het my bes probeer om die koek by die huis te hou, maar 8-jarige was verbete, die koek is verbete opgepas sedert Donderdag, en met baie moeite saamgepiekel ysskaatsbaan en Milky-Lane toe voordat ons dit met die nodige seremonie verwoes het! Dis nou nadat die miere die koek op die eerste aand ontdek het, en ek amper 'n uur laat was vir werk omdat ek die verbete 8-jarige moes bystaan in die oorlog teen die miere. Wraggies is daar toe nog 'n dogtertjie wat gil - 'ooeee, hier is 'n mier op my koek!'. Ek het toe mooi verduidelik dit maak nie saak nie, die mier se pens is so vol koek en versiersuiker, hy proe nes koek so sy kan hom maar eet. Mens is nie so 'n sissie om te gril vir miere nie, wat van al die arme kindertjies sonder kos.....

Hierdie hele seremonie het plaasgevind nadat ons 'n perdesleepwa vol hout gaan aflaai het in die middestad vir Affies se wildsfees, so ek was redelik verwilderd om mee te begin. Toe ons uiteindelik weer die spulletjie (Dankie Vader!!) ongeskonde in Rayton gekry het, is ons toe weer weg (sonder tiener) na die wildsfees. Ouma en Oupa bly by die huis, en die tiener is toe sooo siek en ongelukkig dat ons summier besluit het om sonder haar na haar skool se wildsfees toe te gaan. Net om die hele rit soontoe te baklei oor wie nou eintlik verantwoordelik was om haar in die kar in te boender en nie haar twak op te vreet nie, en wie die 'softie' was. Ons het so 23:30 by die huis gekom. Ouma en Oupa slaap toe lankal, en op die liewe Sondagoggend, dou voor dag is hulle toe wakker en uitgeslaap - net om ons op te dreun want hulle het nou genoeg geslaap so ons moet opstaan. Ons moet opslag na swaer en skoonsus toe. En ons is die taxi.

Partymaal weet ek nie hoe hou ek dit nie. Ek voel asof die lewe my saamsleur met 'n dolle vaart en dat ek net so nou en dan grondvat. En as ek grondvat is dit bleddie hard.

Friday, March 30, 2007

Ode to my Spell Checker

ODE TO MY SPELL CHECKER
(deur epos gekry so eienaar anoniem and kopiereg word moontlik oortree)

Eye halve a spelling checker;
It came with my pea sea.
It plainly marks four my revue,
Miss steaks eye kin knot sea.

Eye strike a key and type a word,
And weight four it two say,
Weather eye am wrong oar write;
It shows me strait a weigh.

As soon as a mist ache is maid,
It nose bee fore two long.
And eye can put the error rite;
Its rare lea ever wrong.

Eye have run this poem threw it;
I am shore your pleased two no,
Its letter perfect awl the weigh.
My spell chequer tolled me sew !

Thursday, March 29, 2007

Hi julle

Hier is 'n paar fotojies van die lewe in Afrika!

Die eerste ene is 'n sonsondergang met ons nuwe Doring en Toring (kameelperde) wat ons gister geneem het.



Die ander foto's is vanaand geneem. wees gewaarsku - erg bloederig vir sensitiewe kykers.

Terwyl ons met die gebruiklike glasie wyn die sonsondergang geniet het, het my arme hen met kuikens 'n verwoede gil gegee, so erg dat al die ander hoenders alarm begin maak het en die haan sumier tot die geveg probeer toetree het. Sy het 'n aanval in die bosse geloods en orals het kuikens gespaander. Dit was te donker om mooi te sien, maar ek het die emmer waaronder sy gewoonlik slaap opgetel en daarmee saam 'n redelike groot gewiggie! Ons het onraad vermoed en ek het my rewolwer in Thinus se hande gestop en die huis ingestorm om die flits te kry. In die flitslig sien ons toe die monster, 'n reuse kobra met 'n kuiken in sy bek! Thinus het toe met al vyf skote, die laaste ene in die kop van baie naby, die slang halfpad dood geskiet. Die hen het intussen haar kroos bymekaar gemaak en op hulle gaan sit - en ons het gaan aandete eet.

Na ete gaan kyk ons weer, en daar le arme ma hen morsdood (sy is seker gepik in haar poging om die kuiken tevergeefs te beskerm). Meneer slang is halfpad besig om te ontsnap en Thinus het hom toe maar van kant gemaak met die graaf wat ek toe weer gehol het om te gaan haal. Die arme kuiken is ook op die slagveld opgetel. Al die slagoffers van die geveg is op die stoep le^ gemaak en afgeneem. Ek is baie jammer oor die moedige ma-hen, maar haar sussie het toe darem die weeskuikens onder vlerk geneem.




Die slang is omtrent 10cm langer as Ane en pas T onder die kieliebakke.

Life in Africa is never dull. Dis net so bleddie droog - g'n wonder al die slange is omtrent in die huis nie! Ons het sedert Krismis nie 'n druppel reen gesien nie.